Hoekom die Pretoria Rugbyskool?
Jan Oberholzer, die eienaar van die Joberrugby Internasional Coaching Academy (INCA) en gewese
Junior Springbok en Blou Bul kaptein, het met sy jaarlikse afrigtingkursusse deur die land
agtergekom dat daar baie laerskole is wat net nie meer die infrastruktuur en afrigters het om hul
jong spelers se rugbyvaardighede effektief te kan ontwikkel en uitbou nie.
Daar is ook duisende seuns in die tuis-onderrigstelsel en nog meer seuns in private skole wat geen
rugbyfasiliteite of afrigting tot hul beskikking het nie.
Jan het toe besluit om onder die sambreel van sy internasionale akademie (INCA) ‘n Jeug
Rugbyakademie in Pretoria te vestig wat aan hierdie jong spelers en ook ander belowende spelers,
rugbyafrigting van ‘n hoëgehalte te kan
verskaf.
Gee ons u seun vir drie maande en ons gee u 'n vaardiger en beter rugbyspeler.
|
Die Rugbyskool sal op Maandag, 1 Maart 2010, in aanvang neem en duur drie maande tot
Woensdag, 26 Mei, 2010.
Weeklikse program:
|
|
|
Mini Rugbyskool (7 tot 9 jaar) 15h30 - 17h30
|
Midi Rugbyskool (10 tot 13 jaar)(Laerskool) 15h30 - 17h30
|
Junior Rugbyskool (13 tot 15 jaar) 15h30 - 17h30
|
|
Vir meer inligting en inskrywings
|
Skakel Jan by 073 2195445 en Ann by 073 2776528 vir enige verdere inligting.
Plek van Pretoria Rugbyskool:
Die Pretoria Rugbyskool sal gehou word by die Joberrugby Akademie se velde by die Weermag
Rugbyklub op Thaba Tshwane (Voortrekkerhoogte), Pretoria.
Koste van die Pretoria Rugbyskool
Die koste is R250-00 per speler per kalendermaand. (Vir families
met twee of meer spelers is die koste R200-00 per speler per maand of 'n
skoolspan van meer as 5 spelers)
Rugbyskool se spelerspakket:
Elke speler se pakket bestaan uit:-
1) Weeklikse afrigtingssessie van 2 ure.
2) Unieke bywoningssertifikaat aan die einde. van die
Rugbyskool.
4) Maandelikse inligtingssessies vir alle ouers.
5) Rugbyskool oefen T-hemp.
Addisionele items wat deur speler aangekoop kan word:
1) Rugbyskool golf-hempie en pet vir pa en seun.
2) Oefenbal met die Rugbyskool logo op.
Afrigtingssessies:
Die afrigtingsessies sal bestaan uit:
1) Gestruktueerde opwarm en fiksheidsessies vir elke
ouderdomsgroep ontwikkel deur deskundiges
2) Vaardigheidsontwikkelingsessies om vaardighede te verhoog.
3) Sessies met oefening en rugbyspeletjies om die hand-oog
koördinasie, rugbyvisie en hardloopvaardighede te verbeter.
4) Gestruktureerde mini-oefeninge en “Gryp” (“Tag”) -rugby,
waarin veiligheid in rugby ‘n hoë prioriteit
Inligting oor die afrigting:
- Die afrigting sal gedoen word deur ervare rugbyafrigters wat deur die Joberrugby
International Coaching Academy (INCA) ge-akrediteer is.
- Die Rugbskool is gemik op alle laerskoolspelers in Pretoria en sy onmiddelike omgewing.
- Die spelers sal volgens hulle ouderdomme in drie afrigtinggroepe ingedeel word.
- Die afrigting sal gebasseer wees op die INCA se bekende SMARTRugbySA rugbyprogram.
- Die program bestaan uit die ontwikkeling van rugbyvaardighede, oog-hand-koördinasie,
rugbyvisie, hardloopvaardighede, fiksheid en die belangrikste van alles, die kweek van ‘n
liefde vir die spel by elke speler.
Die Rugbyskool se strewe:
Ons strewe is dat deelname aan die Rugbyskool sal bydra tot die rugbyontwikkeling van spelers om
so beter rugbyspelers te lewer en ook sal bydra tot die ontwikkeling van ‘n gesonde en meer
gebalanseerde uitkyk op die lewe by elke speler.
Joberrugby International Coaching Academy (INCA) Pretoria Rugbyskool
1 Maart tot 26 May, 2010.
|